Profiel

BGR De Villiers Ingelyf is geleë in die Paarl waar ons reeds die afgelope 28 jaar besigheid doen en het sy ontstaan gehad uit De Villiers & Kie. Die firma is ‘n sterk middelslag firma wat poog om die leemte te vul tussen die groot internasionale firmas en die kleiner enkelpraktisyns in die Wes-Kaap.

Die doel is om ‘n groter infrastruktuur daar te stel om kliënte met kundigheid van hoogstaande gehalte, teen ‘n mededingende tariefstruktuur, te bedien.

Ons missie is om diens van ‘n hoë gehalte te lewer, gesteun deur gekwalifiseerde, kundige personeel en ‘n wye netwerk van spesialiste ten einde gemoedsrus aan ons kliënte te kan besorg.

Samewerking Gee Ons Die Voorsprong

Die BGR-genootskap maak deur hul kennis en kragte saam te snoer om meer oudits te kan doen, dit vir ’n aantal klein en mediumgrootte Bolandse ouditeursfirmas moontlik om by bewese ervaring en opleiding te baat. Sedert hulle in 2004 in werking getree het, het die BGR-handelsmerk homself gevestig om gehalte, ervaring en kennis van die hoogste standaard teen ’n bekostigbare prys te lewer.

 

Oor die jare het die kantore van die BGR-genootskap se diensgebiede uitgebrei van primêr ouditdienste lewer tot ’n volledige reeks besigheidsoplossings. Die gemeenskaplike kliëntebasis strek landswyd en bedien alle industrieë en sektore. BGR fokus daarop om spesialiskennis in elke diensgebied te verseker om sodoende aan elke kliënt se unieke behoeftes te voldoen.

“Aim at perfection in everything, though in most things it is unattainable. However, they who aim at it, and persevere, will come much nearer to it than those whose laziness and despondency make them give it up as unattainable.”